Boekarest București | |
---|---|
Stad | |
Byname: Klein Parys, Parys van die Ooste | |
Leuse(s): Patria si Dreptul Meu (My Land en My Reg) | |
Ligging van Boekarest in Roemenië (in rooi) | |
Koördinate: 44°26′7″N 26°6′10″O / 44.43528°N 26.10278°O | |
Land | Roemenië |
Graafskap | Munisipaliteit van Boekarest |
Gestig | 1459 (eerste amptelike rekord) |
Regering | |
• Burgemeester | Nicușor Dan (Onafh.) |
Oppervlak | |
• Stad | 228 km2 (88 vk. myl) |
• Metro | 238 km2 (92 vk. myl) |
Hoogte | 60 – 90 m (197–295 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 1 940 500 |
• Metrodigtheid | 8 510/km2 (22 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (OET) |
• Somertyd | UTC+3 (OEST) |
Poskode | 0xxxxx |
Skakelkodes | +40 21 |
Nommerplate | B |
Webwerf | www.pmb.ro |
Boekarest (Roemeens: București) is die hoofstad en industriële en kommersiële sentrum van Roemenië. Dit is in die suidooste van die land geleë by 44°25′N 26°06′O / 44.417°N 26.100°O, aan die oewer van die Dâmboviţarivier. Die stad het vroeër as die Dâmboviţa-sitadel bekend gestaan.
In vergelyking met ander Europese stede is Boekarest relatief jonk. Die vroegste verwysing na die stad dateer uit 1459.[1] Sedertdien het die stad verskeie veranderinge ondergaan. Boekarest het in 1862 die hoofstad van Roemenië geword en geleidelik sy posisie in die middelpunt van Roemeense massamedia, kultuur en kuns verstewig. Die stad se eklektiese argitektuur verteenwoordig 'n mengsel van historiese, tussenoorlogse, Kommunistiese-era en moderne boustyle. In die tydperk tussen die twee Wêreldoorloë het die stad se elegante argitektuur en gesofistikeerde plaaslike elite Boekarest die bynaam "Parys van die Ooste" of "Klein Parys" (Micul Paris) laat eien.[2] Hoewel baie geboue en distrikte in die geskiedkundige stadskern beskadig of vernietig is deur oorlog, aardbewings en die eermalige president Nicolae Ceaușescu se program van sistematisering, het baie behoue gebly. In die laaste paar jaar het die stad 'n ekonomiese en kulturele voorspoedgolf beleef.[3]
Volgens amptelike skattings het die eintlike Boekarest teen Januarie 2006 'n bevolking van 1 930 390 gehad.[4] Die stedelike gebied strek verby die grens van die stad self en het 'n bevolking van 2,1 miljoen.[5] As die satellietdorpe om die stedelike gebied ingesluit word, het die metropolitaanse gebied van Boekarest 'n bevolking van 2,6 miljoen mense.[5] Boekarest is die sesde grootste stad in die Europese Unie volgens bevolking.
{{cite web}}
: Check |first=
value (hulp)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search